TUINROETE | KAROO NUUS - Arbeidsbediening Tuinroete beplan om op Saterdag 27 Augustus sy Akkreditasie-program vir 'n groepie voornemende vrywillige dienswerkers aan te bied.
Dit sal in Mosselbaai plaasvind van 09:00 tot 15:00 vir voornemende dienswerkers van George, Oudtshoorn en Mosselbaai.
Toegewyde persone wat belangstel en geroepe voel om deel van Arbeidsbediening se vrywilligerdienswerkers te word, kan ds. Floors Meyer, voorsitter van Arbeidsbediening, kontak by 082 684 2735 of floors@mweb.co.za.
Program om werkende vroue te ondersteun
Meyer sê in sy mees onlangse kwartaal-verslag Arbeidsbediening Tuinroete beskik oor die dienste van 'n fasiliteerder om die Bright Star Life Core-program vir werkende vroue aan te bied.
Dit bestaan uit tien sessies en fokus veral op die emosionele ondersteuning van werkende vroue, wat ook huweliksgenote is en huisgesinne het.
Die drie leeruitkomste van die Akkreditasieprogram is, 'n skitterende identiteit, skitterende verhoudings tuis en by die werk, en skitterende leierskap in die samelewing.
Werkgewers wat belangstel in die program, kan hom kontak vir meer inligting oor die aanbieding van die program onder vroulike werknemers.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'