Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Boere, kleinboere en plaaswerkers het vandag, 19 September, ingespring om die P2628-roete oor die Kleindoornhoekpas, tussen Hofmeyr en Molteno te herstel nadat 'n skoolbus op 14 September op die pad vasgeval het.
Die P2628-roete word nie meer deur padowerhede herstel nie, en omliggende plaaseienaars het dié taak op hulself geneem.
Dit bly 'n voortdurende probleem omdat die ondergrondse strukture nie meer in stand gehou word nie en plaaseienaars nie oor die regte masjinerie beskik om die roete te herbou nie.
VIDEO: Plaaswerkers herstel roete tussen Hofmeyr en Molteno (Video: Teresa Opperman).
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’