GRAAFF-REINET NUUS - Indien die weer gunstig is, sal voorsiening van elektrisiteit aan verbruikers in ‘n gedeelte van 5de Laan en ‘n gedeelte van Republiekstraat in Kroonvale, Graaff-Reinet, op Woensdag, 24 Oktober, tussen 08:00 en 17:00, óf gedeeltelik, óf geheel, onderbreek word.
Dit is nodig sodat dringende onderhoudswerk uitgevoer kan word.
Indien die weer op die genoemde datum ongunstig is, sal die onderbreking van toevoer op die daaropvolgende Woensdag, 31 Oktober, plaasvind.
Geen waarborg kan gegee word dat die kragtoevoer vir die hele tydperk afgesluit sal wees nie, en verbruikers moet dit beskou asof die krag die hele tyd voorsien word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'