GRAAFF-REINET NEWS - Ricardo Smith, raadslid van Wyk 2 in die Dr Beyers Naude-munisipaliteit, het op Saterdag 27 Maart met Valmay Hendricks in die huwelik getree.
Die paartjie is reeds 20 jaar in 'n verhouding.
Ds Petrus Gysman van die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK) op Graaff-Reinet het die troue behartig.
Die egpaar se oudste seun, Rodwin Hendricks, het Maandag 29 Maart sy mondigwording gevier en was die blye dag sommer 'n dubbele feesviering.
Die onthaal en 21ste verjaarsdagvieringe is by Pepper Tree Farm net buite Graaff-Reinet gehou.
Inwoners van Wyk 2 wens die paartjie alle voorspoed en geluk met hul huwelik toe.
Ds Petrus Gysman (agter) het Ricardo Smith en Valmay Hendricks in die huwelik bevestig.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'