KAROO NUUS - Drie atlete van Laer Volkskool het gedurende die vakansie die Oostelike Provinsie verteenwoordig by die SA tweekampkampioenskap in Stellenbosch en Elmaré Naudé was die algehele wenner in die dogters o. 9-afdeling.
JJ van Schalkwyk het vyfde in die seuns o. 9-afdeling geëindig en Ancois Viljoen het algeheel 35ste in die o. 13-afdeling geëindig.
Die o. 9's hardloop 400 m en swem 50 m terwyl die o.11's en o. 13's 800 m hardloop en 50 m swem.
Ancois Viljoen het goed gedoen by die SAs in Stellenbosch.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’