KAROO NUUS - Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, georganiseer deur Darryl David, het vanaf 20 tot 24 September in Cradock plaasgevind.
Anchien Troskie, Jan van Tonder, Bettina Wyngaard, Sihle Khumalo, Clinton du Plessis, Mpush Ntabeni, Izak de Vries, Darryl David, Advokaat Tembeka Ngcukaitobi, oud-Cradocker Linda Roothman, PP Fourie, Eben Venter, RR Ryger, Marita van der Vyver en Etienne van Heerden het as sprekers opgetree en daar is ook 'n ATKV-skryfskool onder leiding van Hans du Plessis en Bernard Odendaal aangebied.
Etienne van Heerden het by dié geleentheid sy nuwe boek, Gebeente, vrygestel, terwyl Darryl David, wie se breinkind hierdie fees is, ook gesels het oor sy projek om 'n boekedorp in die karoo te vestig.
Die stil, privaat digter uit Cradock, Clinton du Plessis, het die Orde van die Windpomp-toekenning ontvang tydens 'n spoggeleentheid by die Buffelshoek DiRosie-gasteplaas in die distrik, waar alle gaste op 23 September, tydens 'n Karoo-spitbraai bederf is.
Darryl David (hooforganiseerder) en Marita van der Vyver.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’