GRAAFF-REINET NUUS - Monique Goliath en Nkosinathi Tshabalala is aangestel as nuwe onderwysers by Asherville Sekondêr.
Goliath is 'n gebore Graaff-Reinetter en het haar onderwysstudies in 2021 deur Unisa voltooi.
Tshabalala is van Ladysmith in KwaZulu-Natal en het sy BEd-graad deur die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf. Hy spesialiseer in wiskunde.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'