Update
MIDDELBURG NUUS - Die gewelddadige betogings en padsluiting op Middelburg op Vrydag 16 Oktober is ten sterkste deur die Oos-Kaapse polisie veroordeel. Twee persone het gesterf as gevolg van die betogings.
Volgens kolonel Sibongile Soci, woordvoerder van Middelburg-polisie, het ‘n groep betogers Vrydagoggend om 09:20 alle ingangsroetes na Middelburg geblokkeer.
"Die situasie het vererger en te midde van gespanne omstandighede is twee mans deur ‘n verbygaande vragmotor getref. Een 20-jarige slagoffer is op die toneel oorlede en ‘n 38-jarige slagoffer het later die middag in die hospitaal beswyk," sê Soci.
"Omstandighede is steeds gespanne en die gemeenskapspolisiëring eenheid is ontplooi om die situasie te monitor."
Motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik wanneer hulle tussen Colesberg, Steynsburg, Graaff-Reinet en Cradock reis.
Twee sake van strafbare manslag is aanhangig gemaak en word deur die Middelburg-polisie ondersoek.
Die polisie versoek ook dat alle getuies of persone wat hulle van hulp kan wees, kontak maak met die Middelburg SAPD by 049 802 1104.
Vorige artikel: Polisie veroordeel geweldadige betogings
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'