MIDDELBURG NUUS - Gevalle van gewelddadige betogings en padsluiting in Middelburg op 16 Oktober is ten sterkste veroordeel deur die Oos Kaapse Polisie. Twee persone deel van die betogings het onlangs gesterf, nadat ’n vragmotor in ’n groep betogers vasgery het.
“Daar word beweer dat ‘n groep betogers Vrydagoggend om 09:20 alle ingangsroetes na Middelburg blokkeer het,” deel Kolonel Sibongile Soci, segspersoon van Middelburg Polisie, mee.
“Die situasie het vererger en te midde van spanningsvolle omstandighede is twee mans deur ‘n verbygaande vragmotor getref. Een 20-jarige slagoffer is op die toneel oorlede en ‘n 38-jarige slagoffer is later die middag, in die hospitaal aan sy beserings oorlede,” sê Soci.
“Omstandighede is steeds gespanne en Gemeenskaps Polisiëring is ontplooi om die situasie te monitor.”
Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik wanneer daar tussen Colesberg, Steynsburg, Graaff-Reinet en Cradock gereis word.
Twee sake van strafbare manslag is aanhangig gemaak en word ondersoek deur Middelburg SAPD.
Middelburg SAPD versoek ook dat alle getuies of persone wat behulpsaam kan wees om die plaaslike polisie van hulp te wees in hierdie ondersoek, onmiddellik kontak sal maak met die Middelburg SAPD by 049 802 1104.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'