Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Tuindag word landswyd Sondag, 11 Oktober gevier, en daar is beslis nie 'n tekort aan pragtige tuine in en om Graaff-Reinet nie.
In Adendorp is die Davenport-gesin se tuin 'n oasis van groen, maar Natalie Davenport sê dit is te danke aan wonderlike tuinwerker, Raymond. "Hy is verantwoordelik vir die tuin se prag, en sê perdemis en 'n bietjie liefde maak mooi!" deel Natalie mee.
By Edenhof-aftreeoord op Graaff-Reinet is die tuin ook pragtig, met kleurvolle petunias wat blom. "Ons is dalk oud, maar ons hou van enige iets mooi," het 'n inwoner vir die Advertiser gestuur.
Fotogalery: Blomme, plante, kom vier Tuindag saam met ons!
Die Somersetstraat-tuin van Eira Maasdorp lyk of dit op die voorblad van 'n tydskrif hoort, met madeliefies, rose en laventel wat sorg vir 'n titseltjie kleur in die Karoo.
Selfs lesers vanuit Oudtshoorn, susters Aniet en Nicolette Louw, het foto's van hul pragtige tuin gedeel. "Harde werk, beplanning en groot drome is ons geheim," sê hulle.
Beplan jy om Tuindag op 11 Oktober te vier? Stuur gerus 'n foto van jou of jou gesin in julle Karoo-tuin na paula@groupeditors.co.za of op WhatsApp na 076 787 4995. Onthou, potplante en kaktusse tel ook!
Kyk net hoe mooi blom die laventel in Eira Maasdorp se tuin.
Madeliefies in die tuin van Eira Maasdorp.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'