CRADOCK NUUS - Die Elizabeth Jordaan-tehuis, saam met die Erica-sentrum op dieselfde perseel, het einde November 'n feestelike troudag gehou.
Die geleentheid was 'n geldsinsamelingsgeleentheid en Carien Nel het weereens voorgevat.
Trourokke is van oral beskikbaar gestel vir die modeparade waarin rokke vanaf die vroeë 60's vertoon is. Chris Brits het die musiek verskaf.
Ruikers van wit lelies en kantblomme het die eetlokaal omtower, waar Schalk en Marietjie Opperman van die Erica-sentrum ook hul huweliksbeloftes hernu het. Ds Anton Olivier het die plegtigheid waargeneem.
Lede van die publiek en inwoners het gesellig saamgekuier rondom bordjies eetgoed en pons, terwyl die modelle die pragtige trourokke vertoon het.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'