STEYNSBURG NUUS - Die gemeenskap se beddens is oorgetrek, en die plaaspaaie is gemerk vir die Trek2Teebus bergfietsuitdaging wat dié naweek in die distrik plaasvind.
Ongeveer 50 deelnemers het reeds vir die uitdagende fietsrit registreer.
Die hoofborg van die geleentheid, SEESA (Pty) Ltd, het egter die afgelope week hul borgskap vergroot, en beloof om ook aan 230 Graad 1-leerders by vier skole in Steynsburg, nuwe skoolskoene af te lewer.
“Dit was reeds geruime tyd ‘n groot droom van ons om kinders met skoolskoene vir die lang en koue Karoo-winters te bederf,” deel Rohan Germishuys, organiseerder en bemarker van Trek2Teebus mee.
“Daarom was ons baie dankbaar dat BATA Toughees bereid was om ‘n reuseafslag te bewillig op die skoene, en ons is ook besonder bevoorreg dat SEESA (Pty) Ltd bereid was om finansieel by te dra tot hierdie skenking.”
Die skole wat skoene gaan ontvang, is Unie Primêre Skool, Daluvuyo Primêre Skool, Mpumulelo Primêre Skool en Steynsburg Gekombineerde Laerskool.
“Ons dank gaan aan SEESA, Toughees en aan alle borge wat bertrokke is by Trek2Teebus wat ons toelaat om opwindende geleenthede te skep waar vennote meewerk om plaaslike gemeenskappe op te hef deur verskeie hulpmeganismes.”
'Ons bring jou die nuutste Steynsburg, Karoo nuus'