GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Ná 'n onderbreking van bykans twee jaar, was Hoër Volkskool se atlete weer opgewonde om aan die kleurebyeenkoms deel te neem.
Daar was baie meer inskrywings as gewoonlik en die byeenkoms het in lekker koel weer weggespring, maar dit was nie lank nie of die karooson het sy opwagting gemaak.
Ná afloop van die byeenkoms is die volgende atlete as toppresteerders aangewys: Marlie van der Merwe (senior victrix ludorum), GP Borcherds (senior victor ludorum), Mikha Enslin (junior victrix ludorum) en Hannes van der Merwe (junior victor ludorum).
Marlie van der Merwe (senior victrix ludorum)
Mikha Enslin (junior victrix ludorum)
Hannes van der Merwe (junior victor ludorum)
'Ons bring jou die nuutste Graaff- Reinet, Karoo nuus'