Gallery
KAROO NUUS - 70 van Suid-Afrika se topwynprodusente het sedert verlede Donderdag in Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda saamgetrek vir die jaarlikse Stoep Tasting Wine Weekend.
Rose Wright, voorsitter van die Karoo-wynklub en hooforganiseerder van die wynfees, sê bykans 6000 mense van oral in Suid-Afrika het opgedaag om van die land se beste wyne te proe.
Smulpape kon hulle ook verlustig aan die fynproewersetes wat voorgesit is.
Fotogalery: Top produsente by Stoep Tasting Wine Weekend
Die organiseerders skat dat Graaff-Reinet met dié wynfees 'n kontantinspuiting van R30 miljoen gekry het wat die plaaslike ekonomie 'n groot hupstoot sal gee.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'