STEYNSBURG NUUS - Agt ton gevaarlike mediese afval is verlede week, 29 Maart, deur 'n mediese afval-opruimingsmaatskappy van Kaapstad by 'n verlate huis in Steynsburg verwyder.
Dit blyk dat die afval, wat gebruikte inspuitings en naalde insluit, spruit uit die onlangse inentingsveldtog teen masels wat landswyd deur staatsklinieke geloods is.
Die verwydering van die afval volg na ‘n klag deur VF Plus se plaaslike verteenwoordiger, Jaco Burger, by die polisie op Steynsburg ingedien is.
Steynsburg, 113 km suid van die Gariepdam en sowat 200 km noord van Graaff-Reinet, val onder die ANC-beheerde Walter Sisulu-munisipaliteit. Die dorp beskik oor geen privaat geneespraktyk nie en die staatshospitaal en -klinieke is die enigste plekke waar mediese dienste beskikbaar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’