GRAAFF-REINET NUUS - Sou dit nie lekker wees om die Camdeboo Nasionale Park verniet te gaan besoek nie?
SANParke het onlangs aangekondig dat dit dié jaar van Maandag, 10 September tot Vrydag, 14 September, sy jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek gaan vier.
In dié week kry alle Suid-Afrikaanse burgers gratis toegang tot die meeste van SANParke se 21 Suid-Afrikaanse parke wanneer hulle hul Suid-Afrikaanse identiteitsdokument toon.
Die plaaslike gemeenskap word veral aangemoedig om die naby geleë Camdeboo Nasionale Park tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek te besoek.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek beïnvloed nie die koste van verblyf in die park nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'