NIEU-BETHESDA, NUUS - Instansies van Nieu-Bethesda is onlangs deur Albie en dr. Trudi Basson van die Maranatha Straatwerkers Trust opgelei om Persona Poppe te gebruik om kinders te help.
CMR, Vuyani CYCC, Victim Support Centre, personeel van Lettie de Klerk Laerskool, sowel as gemeenskapswerkers van Maranatha, Nieu-Bethesda, het tydens 'n drie-dag kursus geleer hoe om dié poppe te gebruik om met kinders oor moeilike onderwerpe te kommunikeer .
Volgens die Bassons word Persona Poppe regoor die wêreld gebruik.
Die poppe is 'n nie-dreigende manier om gesprekke oor onder andere die dood, egskeiding en boelies te begin.
"Elke instansie het poppe ontvang," het Albie aan die Advertiser gesê.
"Hierdie instansies moet teen volgende jaar verslae indien oor hoe hulle hulp verleen het aan kinders deur middel van die poppe."
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethesda, Karoo nuus'