GRAAFF-REINET NUUS - Hettie van der Ahee van Graaff-Reinet het op Maandag, 2 November haar 90ste verjaarsdag gevier.
Van der Ahee is in 1930 in Middelburg, Kaapprovinsie, gebore as 'n Aucamp.
Sy en haar gewese man, Frans, het na hul troue op Rietfontein in die Murraysburg-distrik geboer. Hulle het drie kinders, 10 kleinkinders en 11 agterkleinkinders.
"Baie geluk met hierdie groot mylpaal in ma se lewe," het Van der Ahee se dogter, Malinda le Roux, namens die familie gesê. Van der Ahee woon by Le Roux.
"Ons sal dit wat ma ons in die lewe geleer het koester. Mag die Here Sy hand altyd oor ma vou en beskerm."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'