CRADOCK NUUS - Die Vroue-landbouvereniging (VLV) van Cradock het onlangs die jaarlikse VLV-kongres in Gansbaai by Panorama Nature's Haven bygewoon. Die tema vir die jaar is, 'Die Uitdaging van Verandering'.
Dr. Ivan Meyer, minister van landbou in die Wes-Kaap, het die verrigtinge geopen. Hy is ook as die Vroue-landbouvereniging van Kaapland se Dankie-persoon vir 2022 benoem.
Isabel Wilken, sirkelpresident van Cradock-VLV, is trots op die verskeie toekennings wat Sirkel Cradock ontvang het.
Lees meer in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'