Update
CRADOCK NUUS - Die Vroue-landbouvereniging (VLV) van Cradock het onlangs die jaarlikse VLV-kongres in Gansbaai by Panorama Nature's Haven bygewoon. Die tema vir die jaar is, 'Die Uitdaging van Verandering'.
Dr. Ivan Meyer, minister van landbou in die Wes-Kaap, het die verrigtinge geopen. Hy is ook as die Vroue-landbouvereniging van Kaapland se Dankie-persoon vir 2022 benoem.
Isabel Wilken, sirkelpresident van Cradock-VLV, is trots op die verskeie toekennings wat Sirkel Cradock ontvang het.
Somerset-Oos-tak se Janet Cornelius verower 'n vyfde plek vir weefwerk en Wilken het 'n tweede plek in die wisselafdeling gekry. Helené Botha behaal sesde plek in die fotografieafdeling. Somerset-Oos het 'n algehele tweede plek op die kongres met hul kuns- en handvlytinskrywings behaal.
Die Hofmeyr-tak se Dadda de Jager behaal 'n vierde plek vir haar masjienwerk en Hofmeyr-tak verwerf 'n trofee vir die tweede meeste punte in leefstyl by die 2022-kongres.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'