ABERDEEN NUUS - Talitha Seddon (38) het op 23 Februarie haar persoonlike emmerlysie met nog ñ regmerkie afgetik.
Sy het Mount Kilimanjaro se piek bereik saam met 11 ander klimmers.
"Dit was brutaal, fisies, emosioneel en verstandelik die moeilikste, mees uitmergelende mylpaal wat ek nog ooit bereik het. Ek is geseënd en so dankbaar!" lei die boodskap wat sy aan haar ma, Dora Kritzinger, by SAPD in Aberdeen, gestuur het!
"Sy beplan om ook Sondag die Mount Kilimanjaro maraton van 42 km te doen. Sy vlieg dan Maandag terug SA toe," deel haar Ma vanaf Aberdeen, mee.
Talitha is gevestig in Gqebergha.
Die groep het klaargemaak saam met Talitha Seddon van Gqebegha.
Oorwinning!
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'