GRAAFF-REINET NUUS - Narsingstraat Primêr se adjunkhoof, Richard Neil Swartz, is onlangs as die nuwe skoolhoof aangestel.
Swartz is op 10 Februarie 1971 in Graaff-Reinet gebore en het matriek in 1988 by Asherville Sekondêr geslaag. Van 1990 tot 1992 het hy hom by die Dower-opleidingskollege in Port Elizabeth as onderwyser in die Intermediêre Fase bekwaam.
By NMMU, van 2008 tot 2009, slaag hy sy studiejaar cum laude.
Van 1 Julie 1995 word hy permanent aangestel as Posvlak 1-onderwyser by Narsingstraat Primêr en leef hy hom uit as 'n uitstekende wiskunde onderwyser. Swartz lewer ook 'n groot bydrae tot sport as afrigter van die skool se rugby- en krieketspanne.
In 2016 word hy departementshoof en in 2019 word hy tot adjunkhoof bevorder.
Sy aanstelling as skoolhoof is amptelik op 12 Mei deur Graaff-Reinet se distrikskantoor aangekondig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'