KAROO NUUS - “Uiteindelik het die dag aangebreek waarop renosters voorkeur geniet, veral in die bewaringsgemeenskappe rondom Grahamstad,” het dr. William Fowlds met ’n sug van verligting gereageer.
Dit nadat die hooggeregshof in Makhanda, op Dinsdag 24 November, die aansoek om appèl van die veroordeelde renosterstropers, Jabulani, Forget en Sibusiso Ndlovu afgekeur het.
In ’n ingewikkelde saak wat oor ’n driejaartermyn verhoor is, het die Ndlovu’s verskeie klagtes teen hulle gehad, wat verband hou met tien gevalle van renosterstropery, oor die driejaartermyn, in bewaringsgebiede in die Albany-, Jansenville-, Graaff Reinet- en Cradock-distrikte.
Hulle is deur regter Jeremy Pickering skuldig bevind op al vyf aanklagtes verbonde aan elke insident.
Lees meer in Donderdag se Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'