STEYNSBERG NUUS - Steynsburg is heel moontlik die enigste dorp in die hele wêreld waar varke die verkeersreëls ken.
Adri Smit, van Ons Karoo en Kontrei, was net betyds met haar kamera om 'n foto van só 'n slim vark te neem.
Die vark het gewag totdat Smit by die voetoorgang op die R56 buite Steynsburg stop, voordat vark-se-kind die besige roete tussen Steynsburg en Middelburg kon kruis.
"Ek is altyd gaande oor die karoo, en elke dorpie het ñ horde stories. Ek luister so graag na die stories, maar die mense is vir my die kosbaarste. Ek spandeer ure om dié kosbare spesie te leer ken," vertel sy
Volgens Smit hol daar talle varke in langs die pad in dié gemeenskap rond...Blykbaar is hulle amal geleerd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’