GRAAFF-REINET NUUS — Huis van de Graaff hou dié Saterdag, 3 Maart, hul jaarlikse kermis.
Terselftertyd sal daar 'n opwindende pretstap die oggend gehou word wat om 08:00 sal afskop.
Daar sal twee roetes aangebied word - die pensioenaris-roete en die langer roete vir die fikses. Beide roetes begin en eindig by die tehuis, inskrywings kos R10 per persoon en kry stappers elk 'n pannekoek op die koop toe.
Stappers word genooi om volgens die tema - Funky Ouma en Oupa - aan te trek.
Inskrywings vind op die dag by Huis van de Graaff plaas.
Die kermis is ‘n fondinsamelingsprojek ten bate van Huis van de Graaff en word by die tehuis te Stockenstroomstraat 19 aangebied sodat die bejaardes kan deel in die pret.
Buiten die pretstap, is daar heerlike jaffles, boereworsrolle en poeding te koop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'