GRAAFF-REINET NUUS - Vir 'n week, van 25 tot 30 Maart, gaan die NG Graaff-Reinet-gemeente 'n aanloop tot Paasfees oprig waar besoekers die kruisigingverhaal van Jesus kan beleef deur op simboliese wyse deur verskillende Kruisstasies te beweeg.
Die stasies sal elke dag deur die loop van die dag beskikbaar wees, selfs vir mense buite die gemeente, en hulle mag soveel tyd daar deurbring soos benodig.
Die Kruisstasies sal in die kerkgebou gestationeer wees en oop wees vir inwoners van Graaff-Reinet van Maandag, 26 Maart, tot Donderdag, 28 Maart van 08:00 tot 16:00.
Op Woensdag, 28 Maart, sal die stasies oop wees van 08:00 tot 20:00 (vir dié wat tot laat werk) en Vrydag, 30 Maart, sal dit direk na die erediens oop wees.
NG Graaff-Reinet nooi ieder en elk uit om te beleef/herbeleef wat Jesus deur sy kruisiging en opstanding vir die mensdom gedoen het.
• Die NG Graaff-Reinet se Goeie Vrydag-erediens vind op Vrydagoggend, 30 Maart, om 09:00 in NG Graaff-Reinet kerkgebou plaas.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'