GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Sondag het die Verenigde Gereformeerde Kerk in Graaff-Reinet 'n spesiale erediens vir die gemeenskap se skoolleerders gehou.
Die doel hiervan was om dié leerders te bemoedig vir die 2019-skooljaar.
Die boodskap is deur ds. Petrus Gysman aan die kinders, wat elk in hul onderskeie skole se drag geklee was, gebring.
Die boodskap, wat oor die teksgedeelte van Jeremia 1: 4 - 10 gehandel het, was gepas vir die tye en omgewing waarin talle leerders grootword.
"Voor jou geboorte het die Here'n doel met jou lewe gehad", het die boodskap gelui. "Dinge maak ons moedeloos vandag en partykeer wil ons nie skool toe gaan nie. Weet net dat jy is uit vele geroep deur die Here vir'n spesifieke taak.God is altyd by ons."
Die kinders is aangemoedig om op hul skoolwerk gefokus te bly en om te beplan vir die toekoms.
Seënwense dat die leerders beskerm sal word teen invloede soos bendes, misdaad, drank- en dwelmmisbruik is ook uitgespreek.
Ds. Petrus Gysman met van die leerders wat die spesiale erediens bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'