CRADOCK NUUS - Almal wat 'n belangstelling het in Suid-Afrika se toekoms, en veral in die toekoms van ons landbougemeenskappe, word uitgenooi om reeds nou hul kaartjies te bespreek vir twee betekenisvolle gesprekke op Saterdag 23 September, by Buffelshoek, 'n plaas net buite Cradock.
Christo van der Rheede, die uitvoerende hoof van Agri SA, sal sy perspektief deel oor die huidige stand van die landboubedryf.
Direk daarna sal die toekomskenner, Theo Venter, die vraag aanroer: Hoe lyk ons toekoms?
Hierdie twee gesprekke vind plaas gedurende 'n spesiale sessie van die Etienne van Heerden Veldsoirée. Toegang tot hierdie geleentheid sluit 'n smaaklike spitbraai in, en dit kos slegs R200 per persoon.
Later die aand sal daar rugby in die kroeg uitgesaai word, terwyl daar vir woordliefhebbers 'n oop mikrofoon geleentheid in 'n ander saal sal wees.
Die gebeure begin om 19:00, maar gaste is welkom om vroeër te kom vir 'n drankie. Verskeie ander kenners en politieke analitici sal ook by die veldsoirée optree.
Hierdie insluitend Christi van der Westhuizen, Frans Rautenbach, Barend la Grange, Freek Robinson, Prince Mashele, Pedro Tabensky, Luvuyo Wotshela en Tembeka Ngcukaitobi.
Besprekings vir die spitbraai kan gedoen word by, Buffelshoek Dirosie Lodge 060 433 4797. Enige algemene navrae oor die program kan gerig word aan Die Tuishuise en Victoria Manor by 048 881 1650.
Hierdie twee gesprekke vind plaas gedurende 'n spesiale sessie van die Etienne van Heerden Veldsoirée.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’