GRAAFF-REINET NUUS - Die leerders van Graaff-Reinet Primêr het verlede week groot pret beleef by die skool.
Die skool het Vrydag, 2 November, ‘n dag vol pret en speletjies aangebied en het kussinggevegte, ‘n sak- en aartappelresies, rolbal-kragmetings en talle ander aktiwiteite gevolg.
Die pret het net meer geraak deur die loop van die dag en het die einde van die dag, en daarmee saam die skoolweek, vir almal teenwoordig hopeloos te vinnig aangebreek.
Dié speletjiesdag het deel uitgemaak van die skool se jaarlikse fondsinsamelingspogings.
Diep konsentrasie...
Daar was groot pret op die dag.
Die skool het Vrydag, 2 November, ‘n dag vol pret en speletjies aangebied en het kussinggevegte, ‘n sak- en aartappelresies, rolbal-kragmetings en talle ander aktiwiteite gevolg.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'