GRAAFF-REINET NUUS - Delucia Mathebe, 'n Graad-8 leerder verbonde aan Asherville Sekondêr het die naweek van 19 en 20 Oktober aan die Nasionale WOW Spelfees in Stellenbosch deelgeneem.
Haar taalonderwyser, Raymond Klerk, het haar vergesel na die kompetisie.
Sy het haar goed van haar taak gekwyt en het sy in die 29ste ronde van die kompetisie uitgeval (op dié stadium was hul slegs nege oor wat deurgedring het).
Dit was hierdie Graad 8-leerder se eerste deelname aan dié kompetisie en sien sy beslis uit na die uitdaging in 2019.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'