KAROO SPORTNUUS - Spandau Sekondêr het van 2 tot 3 Junie aan die Oos-Kaapse-winter-kampioenskappe in Oos-Londen deelgeneem.
Hierdie toernooi is deur die departement van sport, ontspanning, kuns en kultuur moontlik gemaak.
Veertien vlugbal-, 1 sokker-, 1 skaak en 13 rugbyspelers het aan die toernooi gaan deelneem.
Skaak:
- Die skaakspeler, Bongani Finnis, het drie van sy vyf wedstryde gewen.
- Daar gaan nog bevestig word wie in die Oos-Kaapse span opgeneem is.
Vlugbal:
Die vlugbal o. 17-seuns en -dogters het twee wedstryde gewen. Die dogters het in die halfeindstryd vasgeval. Daar gaan nog bevestig word wie in die Oos-Kaapse span opgeneem is.
Rugby:
Die o. 15- seuns het ook 'n uitstekende wedstryde gespeel en drie van hulle vyf wedstryde kafgedraf.
Na die afloop van verlede naweek is vyf seuns in die Oos-Kaapse rugbyspan, wat in die Julievakansie die nasionale toernooi gaan verteenwoordig, opgeneem.
Een reis-reserwe sal saam met die span gaan indien daar enige beserings is.
Die ysters van die Sarah Baartman-span.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’