Gallery
KAROO NUUS - Die interskole tussen Spandau- en Asherville Sekondêr het byna nie plaasgevind nie, en sou dit die geval gewees het, sou leerders en die gemeenskap nooit die wonderlike sportmangees tussen die twee skole beleef het nie.
Die toernooi het op die Botaniese Tuine se sportterrein plaasgevind, en met 'n eindtelling van 9 - 5, het Spandau Saterdag met die Robert Hector-wisseltrofee weggestap.
FOTOGALERY: Asherville en Spandau Clash: Sokker
Die program het sommer vroeg in die week met, die 'big brag' op Dinsdagaand, 25 Julie, begin en vlugbal en skaak op Woensdag 26 Julie.
Donderdagaand is 'n funksie vir die onderwysers gehou. Saterdag het die opwinding hoog geloop met die netbal-, sokker- en rugbywedstryde.
Tot aanloop van die eerste rugbyspelers se wedstryd, het die juigleiers van beide skool se meisies toeskouers met hul danspassies vermaak. Die groot oomblik waarop almal gewag het, het aangebreek toe Asherville se eerste rugbyspelers die veld opgedraf het gevolg deur Spandau se spelers. 'n Strawwe spel tussen die twee skole het afgespeel, maar het Spandau, die gasheerskool vir vanjaar se toernooi, koning gekraai met die naelbyttelling van 8 - 7 in Spandau se guns.
Die uitslae van die wedstryde is as volg (Spandau se telling eerste):
Skaak:
- Ope-afdeling - 28,5 - 20,5 (Spandau wen)
Vlugbal:
- Dogters - 15/12 en 15/11 (Spandau wen)
- Seuns - 15/7, 13/15 en 20/25 (Asherville wen)
Sokker:
- Eerste span - 2 - 1 (Spandau wen)
Netbal:
- o. 14 - 9 - 7 (Spandau wen)
- o. 15 - 8 - 11 (Asherville wen)
- o. 16 - 6 - 10 (Asherville wen)
- Tweede span - 7 - 10 (Asherville wen)
- Eerste span - 13 - 18 (Asherville wen)
Rugby:
- o. 14 - 37 - 0 (Spandau wen)
- o. 15 - 32 - 3 (Spandau wen)
- o. 16 - 14 - 0 (Spandau wen)
- Tweede span - 6 - 0 (Spandau wen)
- Eerste span - 8 - 7 (Spandau wen)
Boodskap van Spandau - Eugene Mackelina
"Ek is baie tevrede en dankbaar vir die ondersteuning van die gemeenskap en verskeie rolspelers wat bygedra het tot 'n baie suksesvolle toernooi. Ek is geweldig trots op elke leerder, wat deelgeneem het en ook 'n hartlike dankie aan elke leerder wat hulle spanmaats kom ondersteun het. Hierdie was definitief 'n ordelike en veilige byeenkoms; en wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om die Graaff-Reinet-polisie te bedank vir hulle teenwoordigheid. Weereens dankie aan die gemeenskap en donateurs wat beide skole bygestaan het deur hulle harte oop te maak en ook finansieel by te dra."
Die tweede rugbyspan vier hulle wen. Foto: Sonia Wahl
Spandau hardloop weg met die bal. Foto: Neco Bokwe
Asherville se eerste rugbyspan word aan toeskouers voorgestel.
Spandau se eerste rugbyspan word aan toeskouers bekendgestel. Foto: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’