GRAAFF-REINET NUUS – Die Spandau Sekondêre Skool in Graaff-Reinet akkommodeer tans drie onderwysstudente wat hul proeftydperk by die skool deurbring.
Elke jaar akkommodeer dié skool ‘n paar onderwysstudente wat vir hul proeftydperk deur universiteite uitgeplaas word.
Rose Koeberg, skoolwoordvoerder het gesê dit is altyd aangenaam vir die skool om onderwysstudente te ontvang.
“Dit is lekker om te weet dat die studente ons as ‘n goeie skool beskou om by te leer,” het sy gesê.
Sy voel ook die studente verdien ‘n regverdige leergeleentheid.
Gaydon Loxton is ‘n oud-leerder van Spandau en studeer tans aan die Universiteit van Wes-Kaapland . “Dis lekker om terug te wees,” het hy vertel. Vir Loxton was skoolhou nog altyd ‘n passie.
Ceasar Lewis, ‘n eerstejaar student aan die Noordwes Universiteit, en Rushaad White wat tans by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie studeer, is ook tans by Spandau in diens.
Nuwe aanstellings
Sedert die begin van die 2018-skooljaar is ‘n paar nuwe aanstellings ook by die skool gemaak, waaronder David Juries en oud-leerder Cornell George.
Chris Jaftha (adjunk-hoof), proefstudente Rushaad White, Gaydon Loxton en Ceaser Lewis, Cornell George en Eugene Mackelina (hoof).
David Juries en Chris Jaftha (adjunk-hoof).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'