GRAAFF-REINET NUUS - Spandau Community Learning Centre in Graaff-Reinet is tydens 'n Kurrikulum Indaba in Komani van 4 tot 6 Maart gekroon as toppresteerders in Afrikaans.
Die sentrum se toegewyde Afrikaanse dosent, Ilse Swartz, het die prys ontvang.
Die geleentheid is gereël deur die Departement van Hoër Onderwys se Akademieseksie. Die sentrum is verteenwoordig deur Monique Goliath, Elsie Primo, Zimkitha Qotolo en Emmerentia Jaftha, almal vlak-vier dosente.
"Ek is baie trots, en glo dit is die begin van vele wat nog kom," sê Brian Le Potha, waarnemende sentrumhoof.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'