CRADOCK NUUS - Die 23-jarige Clairise Benjamin, van Michausdal, Cradock, het so pas die vrug van haar arbeid ontvang.
Benjamin se boek, Stille Vegter, is onlangs deur die Oos-Kaapse departement van kuns en kultuur gepubliseer.
Die formele boekbekendstellingsgeleentheid vind op 17 Junie in Cradock plaas.
Benjamin het Stille Vegter geskryf omdat sy 'n aangebore hartdefek (ventricle septum) het wat haar baie maklik moeg laat en eendag sal verhoed om te kan werk. "Ek is op drie maande oud vir die eerste keer by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad geopereer," vertel Benjamin.
Sy was 'n leerder by Michausdal Sekondêr.
Haar fasiliteerder vir Afrikaans, Norman van Jaarsveld, asook fasiliteerder, Liesl Cupido is haar rolmodelle. "Ek hoop dat hierdie boek vir talle ander kinders in Suid-Afrika tot hulp sal wees."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’