JANSENVILLE NUUS - Fransciska Slabbert het op 4 November aan die Mnr & Mej Oos-Kaap kompetisie deelgeneem.
Die kompetisie is deur Role Models se Juanita Smith georganiseer.
Fransciska is gekroon as eerste prinses tydens die kompetisie in die tiener afdeling vir meisies tussen 16 tot 19 jaar,
Tydens 'n onlangse Hoërskool Jansenville geleentheid is sy ook gekies as Mej Hoërskool Jansenville.
Sy is tans 'n Graad 11-leerder by Jansenville Hoërskool en blink ook akademies uit.
'Ons bring jou die nuutste Jansenville, Karoo nuus'