CRADOCK NUUS - Die koor van Cradock Voorbereidingskool het 'n vierde plek by die Sing in Harmonie-kompetisie behaal. Tagtig skole het deelgeneem.
"Dit is 'n wonderlike prestasie," het skoolhoof Elmar Heese gesê.
Hierdie toekenning kom na maande se harde werk waar ouers, leerders en fasiliteerders groot fondsinsamelingsprojekte gehou het om dié begaafde koor tot in die Kaap en terug te kry.
Talle borge het betrokke geraak en by elke moontlike geleentheid is daar 'n verkoping aangebied. Nie alleen moes fondse ingesamel word nie, maar ook die talle koornommers moes bemeester word en nuwe uitrustings aangeskaf word vir die geleentheid.
Die publiek word uitgenooi om saam na die Sing in Harmonie-program op TV te kyk. Die uitsendingdatum sal later bevestig word.
Groot opgewondenheid het geheers voor die groep se vertrek en dieselfde spannetjie het lekker moeg, maar trots, teruggekeer na Cradock.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'