NIEU-BETHESDA NUUS - Te danke aan 'n Nieu-Bethesda-skoolhoof en 'n groep goedhartige gemeenskapslede, sal oor die 250 skoolleerders van dié gemeenskap weekliks 'n warm bord kos geniet.
"Baie van ons leerders was afhanklik van die skool se voedingskema," verduidelik Lettie de Klerk Primêre Skool se skoolhoof, Barbara Vaaltyn. "Met die skole wat gesluit is gaan dit maar swaar."
Die skool het donasies ontvang, waarmee die beheerliggaam, ma's van die skool, en die skool se kookstaf twee maal 'n week vir die kinders 'n bord kos verskaf. "Soms kry die grootmense ook kos, afhangend van hoeveel gekook is," sê Vaaltyn. Volgens haar is die leerders baie dankbaar, en sê altyd dankie vir die vrywilligers.
"Ek was eers bang om uit te gaan, as gevolg van Covid-19, maar het besef my kinders is honger en as skoolhoof moet ek 'n inisiatief aan die dag lê," voeg Vaaltyn by. Sy is al reeds 12 jaar hoof by die skool, en pendel daagliks 100km tussen haar tuiste in Graaff-Reinet en die skool in Nieu-Bethesda waneer die skool oop is. Nou reis sy twee keer 'n week tussen die twee Karoodorpe.
Haar raad aan families tydens die uitdagende inperking-tyd is om sterk te staan in hul geloof. "Tweedens moet gesinne kreatief raak met basiese kosse, soos mieliemeel, mielies en spinasie, om dit lekker te maak, gesond te eet en baie mense te voed."
Leerders geniet twee keer 'n week 'n warm maaltyd.
Skoolhoof Barbara Vaaltyn saam met van haar geliefde leerders.
Skoolhoof Barbara Vaaltyn.
Van Lettie de Klerk Primêre Skool se personeel, wat help met die projek.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethesda, Karoo nuus'