GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - Volkskool se boogskieters het verlede Saterdag, 26 Januarie, aan hul eerste kompetisie van die nuwe seisoen deelgeneem - die NASP Kwagga Ope.
Sewentig skuts, van so ver as Oos-Londen en Victoria-Wes, het hieraan deelgeneem.
Uit die 14 deelnemers van Volkskool, was daar vier vir wie dit hul eerste deelname ooit aan só kompetisie was.
Met die intrapslag moes hulle aan die 3D-afdeling van die kompetisie deelneem - in dié gedeelte is die diere-teikens se telling-area besonder klein en wissel die afstande van tussen 10 tot 15m. Die skuts het hul egter almal goed van hul taak gekwyt.
Casper Bekker het brons in beide die 3D- en Bullseye-afdeling vir primêre skole verower terwyl Matthew McNaughton brons in beide die 3D- en Bullseye-afdeling vir hoërskole verower het.
Petrone Fourie het 'n 50/50 geskiet in die Bullseye-afdeling (10m) en Matthew McNaughton het 'n 50/50 geskiet in die 3D-afdeling.
Zander Mostert, Juryna Fourie, San-Mari de Goede, Casper Erasmus, Ashley Arnolds, Lieben Bekker en Petrone Fourie het hul goed van hul taak gekwyt by 'n onlangse boogskietkompetisie.'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'