SPANDAU NUUS - Dit is nooit te laat om terug te keer skool toe nie, nes die studente van Spandau Community Learning Centre hierdie jaar gaan bewys.
Hierdie skool vir seniors, wat sertifikaat-kursusse aanbied vir vroeë skoolverlaters, het Dinsdag gesê dat hulle hierdie jaar se studente voorspoed toewens vir 2020.
"Kandidate kan hier ook leer lees en skryf," het Monique Goliath namens die sentrum gesê. "Naaldwerkklasse en rekenaarklasse word ook aangebied."
Goliath, wat passievol is oor die projek, het Graaff-Reinet Primêr se skoolhoof W.D Hector bedank, nadat hy dié skool se rekenaarfasiliteite tot die program se beskikking gestel het. "Dankie ook aan Tiki, vir sy besigheid se ondersteuning."
Belangstellendes kan van Maandae tot Donderdae tussen 2.30nm en 5.30nm by die program se kantoor by Spandau Sekondêr registreer.
Dit is nooit te laat om te leer nie!
'Ons bring jou die nuutste Spandau, Karoo nuus'