Breaking News
WILLOWMORE NUUS - Elmor Primêr in Willowmore is gesluit nadat ’n onderwyser by dié skool positief getoets is vir Covid-19.
Volgens skoolhoof Clifford van Staden, is die skool gesluit vir die week, en sal Donderdag ontsmet word deur ’n gekrediteerde besigheid.
“Maandag (13 Julie) is ons weer gereed om die Graad 6 en Graad 7-leerders te verwelkom,” het Van Staden vanoggend (7 Julie) aan die Advertiser gesê.
Van Staden het verduidelik dat, alhoewel die Departement van Onderwys vir verskei skole in die Oos-Kaap gesê het om nie te open vir Graad 6-leerders nie, skole so mag doen indien hulle gereed is volgens regulasies.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'