GRAAFF-REINET NUUS - Heerlike reën, groen gras en die pragtige berge rondom Graaff-Reinet het gesorg vir 'n ideale dag vir boogskiet by Hoër Volkskool op 14 Maart.
Skuts het deelgeneem aan twee boogskiet-dissiplines, naamlik 'Bulls eye' en 3D.
"Volkskool se ouers het die perfekte gashere gespeel vir die besoekers. Ons kan trots wees om sulke ondersteuning uit ons gemeenskap te hê," het Suliza van Wyk namens die skool gesê.
Die volgende plaaslike leerders het medaljes verwerf:
3D Primêre Seuns-afdeling
- Tiaan Fourie van Laer Volkskool (LVS): brons
- Rikus Kleyn (LVS): silwer
3D Primêre Dogters-afdeling
- Marli Fourie (LVS): brons
3D Junior Hoërskool Seuns-afdeling
- Xander Mostert van Hoër Volkskool (HVS): brons
- Daniel McNaughton van Union High School (UHS): silwer
3D Junior Hoërskool Dogters-afdeling
- Annelie Pieterse (HVS): silwer
- 3D Senior Boogskietgroep-afdeling
- MD Oberholzer (HVS): brons
Bulls Eye Primêre Seuns-afdeling
- Rikus Kleyn (LVS): brons
Bulls Eye Junior Hoërskool Seuns-afdeling
- Lieben Bekker (HVS): brons
- Daniel McNaughton (UHS): silwer
Bulls Eye Junior Hoërskool Dogters-afdeling
- Annelie Pieterse (HVS): goud
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'