GRAAFF-REINET NUUS - Raadslid Ricardo Smith se skoolskoeneprojek doen uitstekend en die insameling gaan voort tot 15 Februarie wanneer die skole weer open.
Die projek is reeds 150 pare skoolskoene sterk na verskeie gemeenskapslede finansieel bygedra het.
Die jongste skenking van R1 000 is deur Anton Janse van Rensburg van Engen Riverside Convenience Centre gemaak.
Spar is ook betrokke by die projek en deur meer as R500 daar te spandeer, kwalifiseer 'n klant om 'n paar skoolskoene vir net R40 vir die projek aan te skaf.
Kontak raadslid Smith by 060 363 4208 om nog behoeftige kinders voor die eerste skooldag behoorlik geskoei te kry.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'