KAROO NUUS - Ses leerders van Hoërskool Cradock is gekies vir die Oos-Kaapse-netbalspanne.
Hulle gaan van 25 tot 28 Junie aan die 'All Ages' interprovinsiale netbaltoernooi in Boksburg deelneem.
Drie spelers, Truby Willard, Kego Steenkamp en Melea Karsten, is in die o.14-span, terwyl Bianca Duvenage in die o.15-span sal meeding.
Shani Coetzee sal in die o.16-groep speel met Mia van Vuuren in die o.18-groep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’