KAROO NUUS - Die Departement van Onderwys het vanoggend vroeg die 2020 matriekuitslae bekend gemaak.
Die drie provinsies met die hoogste slaagsyfer is Vrystaat met 85,1%, Gauteng met 83,8% en Wes-Kaap met 79,9%.
Die slaagsyfer in die Oos Kaap is 68,8% met Nelson Mandela Bay die beste in die provinsie (75,5%), gevolg deur Buffalo City (73,6%), Chris Hani Wes (70,5%) en Sarah Baartman (69,2%).
Die gemiddelde persentasie Suid-Afrikaanse matrikulante wat in 2020 hul matriekjaar suksesvol voltooi het is 76,2%. Dit is ‘n daling van 5,2% teenoor 2019.
‘n Gemiddeld van 36,4% matrikulante het toelating to B-graadstudies verwerf.
Lees meer in die Advertiser Donderdag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'