GRAAFF-REINET NUUS - Hoë polisiesigbaarheid in die Chris Hani-distrik van 7 tot 17 April, het talle misdrywe aan die kaak gestel.
Graaff Reinet Advertiser het verlede week berig oor die polisiëring oor Paasnaweek, maar van 14 tot 17 April is nog patrollies gehou en op onder andere 25 wapens, 'n gesteelde VW Golf-enjin en sakke vol dwelms beslag gelê.
Altesaam 758 persone is deursoek, terwyl 1 015 voertuie by padblokkades deursoek is. Meer as 30 boetes ter waarde van R41 300 is uitgereik en 'n aantal dronkbestuurders is ook aangekeer.
Verskeie mense is in verband met die verkoop van dwelms en onwettige drankverkope vasgetrek. Chris Hani-distrikskommissaris, majoor-generaal Rudolph Adolph, loof die SAPD Chris Hani vir hul diens en is verheug oor die arrestasies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’