GRAAFF-REINET NUUS - Sakemanne van Graaff-Reinet, Awie van den Berg en Johan Germeshuizen het na jare se pleidooi na die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit om hulle deel van die pad voor hul besigheid, Awie van den Berg Enterprises om munisipale grond voor die besigheid skoon te maak, self ingespring en dit verfraai.
Germeshuizen het aan die Advertiser gesê hulle sukkel al jare om die munisipaliteit sover te kry om die middelman van Collegeweg skoon te maak. "Ons pleidooie val op dowe ore en toe spring ons self in.
Hulle en hul personeel het die onooglike rommel en onkruid besaaide terrein getakel, skoongemaak en verfraai met plante, versierings en skoon sand en klip.
"Die voorheen 'rommelbestrooide' area is reg by die ingang na die dorp. Dit is die eerste indruk wat besoekers kry as hulle Graaff-Reinet inry. Ons wou dit nie net skoonmaak en verfraai nie, maar ook toerisme vriendelik maak."
Die Advertiser is besig om klagtes van verskeie inwoners, wat selfs raadslede insluit, oor die agteruitgang van die dorp se aangesig op te volg met die munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'