GRAAFF-REINET NUUS - Sakelui en gemeenskapslede van Graaff-Reinet het gesorg vir spoediger mediese sorg vir pasiënte in die Graaff-Reinet-omgewing toe hulle in Mei vanjaar ingespring het om 'n plaaslike landingstrook vir noodhelikopters skoon te maak.
Die landingstrook was vir bykans 12 jaar nie in gebruik nie.
Gister (Dinsdag 2 Julie) kon die EMS-helikopter langs die Graaff-Reinet Midland-hospitaal land; 'n vier dae oue baba en haar ma moes dringend Port-Elizabeth toe gevlieg word,
Een van die individue wat betrokke was by die skoonmaakproses, het gesê: "Môre kan dit teen van ons familielede wees wat per helikopter vervoer moet word om sy/haar lewe te red. Ons kan nie net stil sit en toekyk nie."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'