GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - Zanki Botha en Marichen Piek, verbonde aan Hoër Volkskool, het die Oostelike Provinsie verteenwoordig by die Protea-ruiterkunsproewe die pas afgelope week.
Marichen was deel van die driegangspan en Zanki was deel van die driegang- en vyfgangspan.
Beide ruiters het tot die proewe se finaal deurgedring waar Marichen gekies is vir die driegang Junior Protea-span.
Hierdie is die eerste jaar wat Marichen in aanmerking kon kom vir kleure en het sy haar uitstekend van haar taak gekwyt.
Zanki het die besonderse prestasie behaal om in beide die driegang en vyfgang in die Senior Protea-spanne opgeneem te word.
Die spanne bestaan uit die top 6 ruiters van die land vanuit alle ouderdomme.
Sy het tydens die proewe algeheel tweede geëindig in die driegang.
Beide spanne sal in die Julie-vakansie na die VSA toer waar hulle sal deelneem in New Orleans.
Zanki en Marichen is twee besonderse, toegewyde ruiters wat hul skool se naam nog baie hoog sal hou.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'