NASIONALE NUUS - ‘n Damestudent van Potchefstroom is eergisteroggend omstreeks 04:00 Medi-Clinic Potchefstroom toe geneem nadat sy ‘n skietwond opgedoen het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is hulle gekontak waarna hulle na die toneel in Malherbestraat reageer het.
Met aankoms was die student reeds weg geneem hospitaal toe. Haar vriendin het vertel dat hulle by die huis gekom het waar twee verdagtes hulle ingewag het. Volgens Hafele het hulle glo selfone en kontant geëis.
Terwyl die student haar handsak wou vat om aan die rowers oor te handig het ‘n skoot afgegaan wat haar in die heup getref het.